top of page

Foto van Links na regs:

Arrie Muller (Essential Hoofkantoor)

Nico Le Roux (Kontrakteur Van Pietria Hardeware)

Hannes Van Niewenhuizen (Bestuurder van Pietria Hardeware)

Karlo Kuhn (Real People )

PIETRIA HARDEWARE - GHOLFDAG

 

Suikerbekkie kleuterskool (Meyerton) het op Vrydag, 31 Oktober 2014, hulle jaarlikse

gholfdag gehou te Maccauvlei Gholfbaan.

 

Pietria Hardeware en Essential Hardware Group het op die dag 'n vierbal, 'n putjie,  snuisterye en pryse geborg. Pietria Hardeware is ‘n familie besigheid met Hannes Van Niewenhuizen as bestuurder.

 

Ons wil net graag  vir Danie en Trudie Grobler van “Exclusive Paints”

bedank vir hul bydrae by die Gazebo om koeldrank en gratis geskenke uit te deel aan die spelers.

 

Brief van waardering van die Suikerbekkie Kleuterskool:

 

"Suikerbekkie kleuterskool het op Vrydag, 31 Oktober 2014, ons jaarlikse gholfdag gehou te Maccauvlei Gholfbaan. Essential Group het 'n vierbal asook 'n putjie geborg. Putjie nr. 1 is aan hulle toegeken.  Die putjie is met verskeie baniere versier en was duidelik sigbaar vanaf die klubhuis.

 

Essential Group het ook verskeie klein snuisterye geborg (bv. Sleutelhouers, penne, flitsies, mesties, plantgiwwe, ens.) wat in elke speler se sakkie geplaas is en ontvang is wanneer die speler ingeskryf het. Essential Group het ook hierdie jaar ons twee 5de pryse, asook twee 6de pryse geborg wat meegebring het dat Suikerbekkie minder geld aan die aankoop van pryse hoef te bestee.

 

Ons opregte dank aan Gert Senekal en Arrie Muller vir julle goeie gesindheid.  

 

Dit word opreg waardeer."

 

© 2014 by  GBB.

bottom of page